Vandag wil ek graag met jou deel.
Wie is ek?
Ek as haarstylis.

100% is wat ek gee as jy in my stoel sit,
Net die BESTE van produkte gebruik ek op jou hare,
ALTYD reg om raad en hulp uit te deel,
En ja... Goeie dinge vat tyd.
Dus jaag ek nie die proses nie,
en so behou ons die gesondheid van jou hare.

 

Maar in dit als,
a.g.v God se onvoorwaardelike liefde vir ons,
dra my hart 'n groot deel van daai liefde oor aan elke LIEWE klient.

 

En in daai oomblike van stilte.
daar waar jy in my stoel sit...
Dis daar waar ek gebede neerlê vir jou.

 

Vir 'n rede word julle gestuur,
Vir 'n rede kruis ons paaie,
en daarom,
Is ek só nederig voor Vader vir wat Hy vir my kom gee het.
Dat Sy vertroue in my rus om STUDIO M te bestuur.

 

Wat 'n voorreg!

My beker loop oor van seëninge!

#StudioM #fortheloveofhair

  • Facebook - Grey Circle
This site was designed with the
.com
website builder. Create your website today.
Start Now